Verseëlde en waterdigte 12V-aangedrewe presisie-toedieners vir die akkurate, veilige plasing van mikro- en volgrootte korrelmateriaal en fyn saad. Aanbeveel vir gebruik onder nat toestande en vir die veilige toediening van chemiese mikrokorrels (bv slakpille) in sensitiewe slaai- en ander groentegewasse. Dit kan ook met vrug gebruik word vir die toediening van swael en kunsmis, ens. wanneer aartappels geplant word. ‘n Gewilde toepassing is die vestiging van weiding met die “trekkerwiel”-metode.
Meng probleemsaad soos Smutsvinger, Bloubuffel en Borseltjiegras met growwe materiaal voor toediening.
Klik HIER om ’n volkleur Rotor Meter boekie oop te maak of af te laai.
Ons ander produkte: Klik op ‘n skakel regs vir volledige besonderhede oor ons ander meganisasieprodukte: • FAN JET • MICRO METER • TURBO JET